Arktiese Oseaan

Die Arktiese Oseaan word deur beide marinesoogdiere en kernduikbote gebruik.
Die Aarde se vyf Oseane

Die Arktiese Oseaan, wat ook as die Noordelike Yssee of Noordpoolsee bekend staan, is hoofsaaklik in die Noordpoolstreek geleë. Dit is die kleinste en vlakste van die wêreld se vyf oseane.[1] Groot dele van die oseaan word vir dele van die jaar of die hele jaar deur see-ys bedek. Alhoewel die Internasionale Hidrografiese Organisasie dit as 'n oseaan erken, verwys sommige oseanoloë daarna as die "Arktiese Middelandse See" of slegs die "Arktiese See".[2] Alternatiewelik kan dit ook as die mees noordelike deel van die hele Wêreldoseaan gesien word.

Die Arktiese Oseaan se temperatuur en soutgehalte verskil seisoenaal, soos die boonste yslae smelt en weer vries.[3] Dit het die laagste soutgehalte van die vyf oseane, as gevolg van die lae verdamping, hoë hoeveelhede varswater wat afkomstig is van riviere en strome en die beperkte verbinding met die omliggende oseaniese waters wat hoër soutgehaltes het.

  1. Michael Pidwirny (2006). "Introduction to the Oceans". www.physicalgeography.net (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2020. Besoek op 7 Desember 2006.
  2. Matthias Tomczak, J. Stuart Godfrey. Regional Oceanography: an Introduction. 2003. Delhi: Daya Publishing House. Tweede Uitgawe. ISBN 81-7035-306-8.
  3. Some Thoughts on the Freezing and Melting of Sea Ice and Their Effects on the Ocean K. Aagaard en R. A. Woodgate, Polar Science Center, Applied Physics Laboratory University of Washington, Januarie 2001. Besoek op 7 Desember 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search